Maandag Motivering -18 September 2023

Met die afgelope naweek se storms in gedagte is dit belangrik om hierdie week met positiwiteit en vertroue aan te pak. Vertroue in God en jouself dat jy dit deur elke storm van die lewe sal maak en positiwiteit dat al lyk dinge om jou bietjie woes en wil die golwe jou omslaan sal jy steeds kan bly staan.
Dieselfde God wat die storms in Matteus kon stilmaak is die lewende God wat in jou leef en jou bewaar, vandag en elke dag.
Ons harte gaan uit aan elkeen wat skade gely het hierdie naweek. Baie sterkte met die tyd wat voorlĂȘ, mag jy bewus wees van God se teenwoordigheid in hierdie week.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *