Die 2023 Trolley Dash het vandag op ‘n hoë noot geëindig.
Baie dankie aan elkeen wat ‘n kaartjie gekoop of verkoop het om die projek te ondersteun. Baie dankie ook aan SUPERSPAR Heatherpark wat hierdie projek moontlik gemaak het.
Hier is Daniella, die bestuurder by Heatherpark Spar, Pierre Pretorius, die Trolley Dash wenner, Ewald Terblanche, die Mini Dash wenner, Estée Terblanche, skoolhoof by L/s Blanco en al die inkopies wat ingelaai is.
Ewald en Pierre het ook elkeen R500 se honde- en katkos aan Oudtshoorn Dogs in Need geskenk. Wat ‘n mooi gebaar om ook in hulle geluk met ander te deel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *