Ons staan in verwondering oor Dane Gerber se prestasie!
Dane het van 13 – 20 Julie 2023 aan die Nedbank Million Dollar Amature Toernooi vir dames deelgeneem en gewen!
Sy het uitstekende gholf gespeel, was die jongste dame wat deelgeneem het en kon gesoute gholfspelers uitstof deur die toernooi met 6 houe te wen.
Die toernooi word reeds 20 jaar gespeel en dit is die eerste keer dat ‘n dame onder 18 die toernooi kon wen.
Sy ontvang dan ook ‘n uitnodiging na die Nedbank Uitdaag toernooi waar sy die geleentheid sal kry om skouers te skuur met wêreldbekende spelers soos Justin Rose, Tommy Fleetwood, Louis Oosthuizen en Brendan Grace.
Die Blanco Bokkies is ongelooflik trots op jou, Dane! Baie geluk!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *