Omgee-projek 2023

Hierdie kwartaal se waardes is nederigheid en omgee. Ons vra daarom weer u samewerking met ons omgee-projek wat ons jaarliks doen. Ons wil weer ons werkers bedank vir hulle harde en getroue werk by die skool. Laat ons dan hierdie jaar ook weer met oop harte en hande gee.
Ons vra dat elke kind asseblief een (of meer) van die produkte skool toe sal bring om waardering teenoor ons terreinwerkers te toon. Die produkte word tussen ons 6 werkers verdeel en hulle is elke jaar dankbaar vir die kospakkies wat ons vir hulle gee, as ons blyk van waardering aan hulle.
Dankie dat ons op u kan staatmaak om hulle feesseisoen ook spesiaal te maak.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *