Pre-Primer – Opedag 2023

Week 1 van Kwartaal 4 het op ‘n bedrywige noot afgeskop. Ons buitemuurse aktiwiteite is aan die gang, daar word vir die kleure-atletiek voorberei en vandag was dit ons Opedag waar ons die nuwe graad 1, R en RR maats van 2024 verwelkom het. Die maats en hulle ouers het die geleentheid gehad om na die skool te kom kyk en die onderwysers te ontmoet. Ons is baie opgewonde om al die nuwe Blanco Bokkies Januarie hier te ontvang.
Ons is bly om terug te wees na ‘n kort vakansie en sien uit na wat die res van die kwartaal inhou.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *